Elektroniese Nood Geleentheid vir Emosionele Leiding
Ontvang emosionele ondersteuning en leiding vanuit die gemak en privaatheid van u huis of in die stil vryheid van die natuur.
Die doel van ENGEL is om emosionele ondersteuning via elektroniese kommunikasiekanale te verleen. Hierdie sessies word “omgee-sessies” genoem.
Deur gebruik te maak van ‘n selfoon, rekenaar of skootrekenaar is die volgende kommunikasie opsies vir omgee-sessies beskikbaar:
Kommunikasie-opsies.
- E-pos
- Skype/Zoom
- Whatsapp – skryf of video
- Landlyn-oproepe na selfoon.
Die volgende omgee-sessie temas is beskikbaar:
Temas van omgee-sessies.
- Trauma
- Depressie
- Selfdood
- Doodsverlies
- Doodbegeleiding
- Woede-beheer
- Verhoudings verwante sake
- Self-vertroue en motivering
- Dwelmafhanklikheid
- Ander.
Prosedure om ‘n omgee-sessie te reel:
- Stuur ‘n e-pos (chirology@lantic.net) of ‘n Whatsapp boodskap (0739564305)
- Meld u naam en
- Voorkeur wyse waarop u die omgee-sessie wil voer. Kies uit lys van kommunikasie-opsies hierbo.
- Dui aan wat die tema van u omgee-sessie behels. Kies ‘n opsie uit die lys van tema omgee-sessies hierbo.
- By ontvangs hiervan sal u ’n ontvangs-erkenning en verdere instruksies ontvang.
Kostes.
E-pos en Whatsapp (maksimum van 10 boodskappe) – R150
E-pos en Whatsapp (maksimum van 20 boodskappe) – R300
Sel-of landlyn-oproepe:
- 15 min – R100
- 30 min – R150
- 1 uur – R400
Skype/Zoom – 1 uur – R400
Met ontvangs van u omgee-sessie versoek sal die koste van die sessie bevestig word en betalingsbesonderhede aan u verskaf word.
Sessies sal slegs plaasvind nadat bewys van betaling ontvang is.
Vir enige verdere navrae of inligting stuur ‘n e-pos (chirology@lantic.net) of Whatsapp boodskap (0739564305).