AFRIKAANS

CHIROLOGIE

GENETIESE SIELKUNDE

Glo dit of nie, maar die hande praat ook Afrikaans.

Chirologie is ‘n vakgebied wat daarop gefokus is om verskillende aspekte van die hande op ’n wetenskaplike wyse te bestudeer. Die doel is om die uniekheid van elke individu te identifiseer. Chirologie kan beskou word as genetiese sielkunde. Die vingerafdruk-patrone vorm die basis om  inligting te bekom.

Daar is vier aspekte op die hand wat permanent is en wat elk ’n deel van die menslike psige verteenwoordig:

  • Vorm van die hand – persoonlikheidstipe
  • Vingerafdruk-patrone – karaktereienskappe
  • Vorm van die naels – temperament
  • Patrone wat op die palms voorkom – spesifieke talente

Hierdie inligting verskaf ’n akkurate en omvattende geheel van die totale wese van die individu – sonder die gebruik van vraelyste of onderhoude. Inkafdrukke van die hande is al wat benodig word.

’n Chiroloog is die person wat vingerafdruk-patrone en ander eienskappe van die hand op ’n  wetenskaplike wyse ontleed ten einde inligting te bekom ten opsigte van die persoon se:

  • Persoonlikheid
  • Potensiaal
  • Unieke talente
  • Fisiese Gesondheid
  • Emosionele Gesondheid
  • Uitdagings wat kwaliteit lewe beïnvloed
  • Lewensdoel
  • Lewenslesse
  • Huidige uitdagings in die individu se lewe

Hierdie inligting word soos volg aangewend:

  • Persoonlikheidsprofiele
  • Beroepsvoorligting
  • Besigheidswêreld
    • Werwing
    • Personeelplasing
    • Besigheid-sinergie
    • Opleiding
    • Spanbou
  • Berading met spesifieke fokus op:
    • Selfdood
    • Verslawing
    • Depressie
    • Verhoudings
    • Trauma
  • Kinders
    • Fisiese en emosionele gesondheid
    • Persoonlikheidstipe en temperament
    • Unieke talente en potensiaal
    • Mees effektiewe leermetodes
    • Lewensdoel en lewenslesse
    • Kommunikasiestyl
    • Liefdestaal voorkeur
    • Effektiewe dissipline metodes
    • Identifisering van passies
    • Beroepsleiding

Chirologie is veral ’n waardevolle en effektiewe beradings benadering weens die feit dat geen vraelyste of onderhoude nodig word om akkurate en betroubare inligting te bekom nie. Dit maak dit veral nuttig om berading te verskaf aan:

  • Individue wat dit moeilik vind om uitdrukking te gee aan hoe hul voel.
  • Kinders wat dikwels nie hul emosionele ervarings kan verwoord of op ander wyses kan verduidelik nie.
  • Gestremdes, individue met breinbeserings asook enige persoon wat genoodsaak word om met die hulp van ’n ander persoon te kommunikeer – dit sluit individue in wat in komas is waar direkte kommunikasie dikwels nie moontlik is nie.

Al wat benodig word om ’n volledige evaluering van die persoon te totale wese – fisies en psigies te verkry is inkafdrukke van die hande.

Hiervolgens is dit dan moontlik om aan elke persoon op ’n unieke wyse inligting of leiding te verskaf.

Die universele akkuraatheid van die genetiese inligting wat deur die beginsels van Chirologie verkry kan word maak dit ook moontlik om inligting te bekom wat nie so direk beïnvloed word kulturele, godsdiens en ander van die konvensionele struikelblokke soos byvoorbeeld die emosionele gemoedstoestand van die individu wat gewoonlik akkurate benaderings kniehalter.

Daar is ook aspekte op die hande wat voortdurend verander. Dit sluit die lyne, buigings van die vingers, kleur van sekere gedeeltes op die palms and ander aspekte in. Die veranderende aspekte op die hande verskaf betroubare inligting ten opsigte van die individu se huidige fisiese gesondheid asook emosionele gemoedstoestand.

Alhoewel Chirologie nie ten doel het om te diagnoseer nie is dit moontlik om binne sekondes aspekte soos depressie, selfmoord-denke, posttraumatiese stress, allergieë en ander aspekte wat die kwaliteit lewe van die individu beïnvloed te identifiseer. Met die toepassing van die beginsels van Chirologie is dit moontlik om individue te bemagtig met inligting wat hul in staat kan stel om hul potensiaal te ontwikkel en aan te wend sodat hul kwaliteit lewens kan lei.

Die wetenskap gebaseerde benadering van Chirologie het tot gevolg dat voortgesette navorsing die kennisbasis van die studieveld voortdurend uitbrei en relevant gehou word.

Klik hier vir ontledings-opsies en ander dienste – *****

Vir opleiding as ’n chiroloog klik hier *****

As jy meer inligting benodig stuur asseblief ’n e-pos na – chirology@lantic.net

Ek kan gewoonlik nie oproepe dadelik beantwoord nie, maar stuur gerus ’n SMS of WhatsApp boodskap na 073 956 4305.